2007 in SA Language is Afrikaans

Ons het die van een van ons lede ontvang.

Classic.  Moet lees. haha

 

 

As dit van my afgehang het, het 'n jaar vir ewig aangehou.
Daar is nie 'n einde nie en daarom geen begin nie, daar is nie 'n
Oujaarsaandpartytjie nie en daar is nie 'n Nuwejaarsoggend-kopseer nie
(en Koos hoef nooit weer te drink nie, of hy kan ononderbroke drink), daar
is nie 'n Oujaars-bestekopname nie, en daarom geen nuwejaarsvoornemens
nie.
 
Jy neuk net aan.


Vat nou maar vir Januarie. 'n Maand sonder enige identiteit.
'n Klomp hou vakansie, terwyl die ander sotte sukkel om hul werk gedoen te
kry, want die spul wat die tjeks moet teken, lê nog op Margate se strand.
Dan jaag almal huis toe met 'n moerse spoed, terwyl pa sit en vloek oor sy
verdraft wat in sy kanon is en ma die nuwe rolle om haar middellyf blou
knyp.
Die res van die maand eet almal viennas en droë Krismiskoek, want die
kinders se skoolklere kos 'n plaas se geld.
 
Arme, stomme Februarie. Nie eens genoeg dae om 'n ware maand te wees
Nie en kry toe maar Valentynsdag sodat hy nie sleg moet voel nie.
In Februarie gooi die meeste mense hul voornemens vir die nuwe jaar
oorboord, begin weer rook/drink/vreet, en verval in diepe depressie, want die hond is
pregnant en die vrou kla sy's moeg om almal se slaaf te wees.
 
Maart - nou ja, foei tog. Nog vis, nog vlees. Dis te koud vir somersklere
en te warm vir wintersklere. Jy kry 'n vieslike griep en vergeet jou Selfoon
op die apteek se toonbank. Die rentekoers gaan op en Breggie dreig om
niversiteit op te skop en haarself te gaan soek op 'n pelgrimsreis
deur Indië. Graeme Smith bedank as die Proteas se kaptein, want hy wil
meer tyd saam met Herschelle Gibbs deurbring.

Dan is dit April. Immers is daar 'n paar vakansiedae wat die gemoedere
opkikker. Die Kaap is te duur en Durban te warm. Dan maar Oudtshoorn
toe vir die KKNK waar jy jou beursie in die biertuin, jou geduld by die
kaartjieskantoor en jou balans by die brandewynstalletjie verloor.

Mei wêreld. Die Suid-Afrikaanse spanne beklee die onderste vyf
plekke op die Super 14 punteleer en die minister van sport sê dinge lyk
belowend. 'n Skoolhoof van Pretoria word gevang vir dronkbestuur en sy vrou bieg
oor haar dobbelprobleem, wat weer op sy beurt tot haar man s'n gely het.
'n Bekende gay modeontwerper bevestig dat hy eintlik heteroseksueel is en
raak verloof aan oud-mej. SA, Suzette van der Merwe. Die Creepy Crawly sluk 'n
oordosis herfsblare in.
 
Junie is nes Julie, jy spel hom net verskillend. Die verwarmer
brand uit, die kaggel verstop en die warmwatersak lek. Robert Mugabe koop
vir hom 'n woonstel in Kampsbaai en George Bush verklaar oorlog teen
Switserland. Skoonma kom kuier en die boerboel vreet haar nuwe paar Hush
Puppies op.
 
Julie het nog nooit die son gesien nie. Hy dra 'n grys mus, 'n
langpyponderbroek en stewels wat sy voete laat stink. Dis nat in
die Kaap, droog in Gauteng en koud in die Vrystaat. In die hoofstraat van
Benoni, vroeër herdoop na Charlize Theron Boulevard , open 'n
Charlize Theron-droogskoonmaker, 'n Charlize Theron-skoonheidsalon
en 'n Charlize Theron-drankwinkel.

Eintlik wou Augustus nog altyd September gewees het. Nou steel hy
maar 'n paar bloeisels en 'n bietjie son om sy vaal gesig in te kleur.
Almal karring net aan, behalwe ons adjunkpresident, wat die wêreld vol
rits in haar eie Gulfstream-jet. Sy sê gerugte dat sy haar vliegtuig teen 'n
onbekende bedrag by 'n kontak van Schabir Shaik gekoop het, is ongegrond
 
September is net 'n ander woord vir sinus. Meeste mense
stik, stotter en snuif die maand deur. Patricia Lewis en Amor Vittone
skryf saam 'n boek: Skoonheid vergaan, maar silikoon bly staan. Pa val van die leer af
terwyl hy die geute verf, en ma sluit by Weight Watchers aan, want die
vakansie is net om die draai.
 
Oktober is miskien die mooiste, mooiste maand, maar terwyl die
lente sy kleure en geure in 'n weerbarstige streep oor die landskap trek,
klim die herinnering aan verspeelde dae onder jou gewete in. Die jaar is
amper verby en wat het jy nou eintlik gedoen. Bôgeroll! Die boek wat jy
wou skryf, die marathon wat jy wou hardloop, die slegte gewoontes wat jy sou
afleer - het niks van gekom nie. In stede is jy luier, dikker en dommer as
'n Jaar gelede.
 
November begroet jou met 'n kakofonie van voortydige Krismisklanke.
Ná drie doppe op die office party beledig jy jou baas, lê aan by die
ontvangsdame en brand 'n gat in die duur, gehuurde tafeldoek. Op Guy
Fawkes raak die hond, die huishulp en die tuinslang weg. Sussie word naar op haar
matriekafskeidrok en boetie kleur sy hare pers.
 
Desember is die begin van die einde. Steve Hofmeyr stig sy eie
kerk, F*k*ofpolisiekar stel hulle gospel-CD vry en Leon Schuster se nuwe
fliek, "Daar's 'n Xhosa in my kooi", is 'n wegholsukses. Op Oukersaand gee
Pappa vir mamma 'n bottle "You're the Fire", en mamma maak vir pappa so
warm dat hy Kersdag nog vonke doodslaan.
 
 Voorspoedige 2008 - Ek kan nie wag nie!
 

Join the Disney Book Club now and get two books and a backpack FREE! Click Here


www.eposvriende.com/subscribe.html


Comments

Popular Posts