Bobotie

 

Bobotie

(bedien 6)
2 uie, fyngekap
olie
duimnael gemmer
2 knoffelhuisies 1 eetlepel growwe sout
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 sny brood
water
1 eier
60ml melk
3 teelepels kerrie
1 teelepel komyn
1 teelepel borrie
½ teelepel peper
1kg maalvleis
sap van 1 suurlemoen
30ml asyn
125ml geweekte sultanas
4 lourierblare
125ml gevlokte amandels
6 suurlemoenblare
Bolaag: 125ml melk
1 eier
½ teelepel borrie
Braai die uie tot deurskynend. Stamp die gemmer, knoffel en sout saam fyn en voeg by die uie. Braai vir 1 minuut. Roer die appelkooskonfyt by. Krummel die sny brood by. Voeg water by tot die krummels bedek is. Klits die eiers en melk saam. Meng saam met die kerrie, komyn, borrie en peper by die maalvleis. Roer die suurlemoensap, asyn en sultanas by uie-mengsel. Voeg maalvleis by. Skep alles in ´n bakskottel. Druk al die blare in die gereg. Bak 1 uur lank teen 180ÂșC. Klits die bestandele vir die bolaag saam, gooi dit oor die gebakte gereg en bak vir nog ´n halfuur.
Bedien met rys en slaai.

Sluit aan by Resepte Ruil: (Afrikaans & English) johanna4-384577@autocontactor.com

Join Recipe Exchange: (English only) johanna4-384579@autocontactor.com

Join or visit us at www.eposvriende.com or http://links.eposvriende.com

 

 

 

 

Comments

Popular Posts