Hemel Vader

 
 
Hemel Vader
 
Baie dankie vir die klein "plesiertjies" van menswees………'n beker stomende koffie in my yskoue hande; 
'n knus bed en warm kombers, en sommer ook vir my 'slaap-maat' wat my teënsinning laat gaan om die
 nuwe dag aan te vat.

 
Dankie vir die prikkeling van 'n warm stort op 'slaap-stywe' skouers;  vir die geur van ontbyt. 
Dankie Vader, vir die skaterlag van kinders, oor lawwe dinge wat ons te "gesofistikeer"
geword het om te geniet.

 
Dankie vir die "geborgenheid" van 'n huis……… vir die 'weelde' van gesondheid ~ na gees en liggaam! 
Here, ons behoort mos dolgelukkig te wees……… maar ons harte is swaar van groot bekommernisse
en onbenullige frustrasies wat ons gedagtes so in beslag neem, dat dit ons doof maak vir die vreugdes
wat ons reeds in U besit.

 
Ag, Here, ons ervaring van geluk is so selfsugtig, so kortstondig.  Dit is soos om 'n pragtige blom in
ons hande te hou en net te sit en kyk hoe dit stadig verlep.

 
Vader, help ons asb om minder te kla oor die dinge wat 'verby gaan' en ons meer te verbly in die
seëninge wat ons elke dag uit U hand uit ontvang… veral die klein dingetjies wat ons so maklik miskyk!!

 
Ons bid vandag vir hulle, wat nog nooit juis die "lewe se blomme" sien oopgaan het nie en ook vir
diè in wie se lewe daar net te veel "verlepte blomme" is, sodat hulle nie eers meer die mooies
kan onthou nie!

 
Hemel Vader, ons gee nou al ons "dooie blomme" aan U terug.  Dankie dat ons U kan vertrou met
seisoene, met nuwe geure en kleure en dankie dat U getrouheid oor en in ons lewens, ons
waarborg is vir elke more, dat U saam met ons die pad sal stap en ons nooit sal verlaat nie!!

 
Amen.
 
 

 Babylite

www.eposvriende.com  
www.emailbuddys.com

www.twitter.com/eposvriende  
http://groups.yahoo.com/group/eposvriende/
 

 

Comments

Popular Posts