Human Trafificking 2010 al hoe nader aan die huis

 

 

 

   PAS JULLE KINDER OP…..LEES ONDER….

Liewe Melaine

 Ek het nie tyd om alles vir jou te verduidelik nie – ons is betrokke in Human Trafficking.  Asb.  10 000 kinders word beplan en word reeds gesteel hiervoor.  Stuur asb vir jou vriendinne om hulle kinders soos valke dop te hou – dogters EN seuns.

 Liefde

Elzaan.

 


Hi julle,

 Ek begin regtig bekommer raak hieroor.  2 Weke terug het het 'n man in Mr Price home my nie gesien staan nie en reguit na Emily geloop en aan haar gevat.  Ek het hom gevra wat hy doen  toe se hy sy is vir hom so mooi en vat weer aan haar, ek het amper 'n beroerte gekry.  In die laaste 2 weke het dit 2 keer met haar gebeur, verlede week weer toe sy saam met my ma in Pick 'n Pay was.  Ek het ook gehoor dat hulle so aan hulle vat en met die ander hand iets inspuit wat hulle dadelik uitsit!

 Lees hier onder, hierdie het regtig gebeur, ons kan glad nie ons kinders alleen los of ons oe van hulle afhou in die winkels nie!

 Stuur vir almal aan sodat ons meer oplettend kan wees!

 M 

 _____ 


Hannes se broer, Stephan het so 2maande terug binne FNB in Kempton Park
gestaan toe hulle 'n dogtertjie van omtrent 3jr oud uit die bank uit gesteel
het.  Hulle is verby AL die 'sekuriteit' en kameras uit die sentrum uit
sonder dat enige iemand iets gesien of vermoed het.  2ure later was daar nog
geen teken van die kind of enige iemand wat iets gesien het nie...



Dis regtig iets om oor bekommerd te wees!!!!!!  (Lees hier onder, en dis nog
baie nader aan die huis.)



Groete,

Nadia  


 
Ek was Vrydag middag (21/11) so net na 14:00 by die Lifestyle Sentrum in
Centurion - waar die groot HyperMarket is. Ek het na die speelgoedwinkel(Toy
Zone) daar gegaan vir 'n geskenk vir my dogtertjie se maatjie wat die
Saterdag verjaar het.
 
My seuntjie(2 jaar)  en dogterjie(6 jaar) het agter in die winkel op een van
daai Magnetiese skryfborde gestaan en teken. Ek het vorentoe geloop in die
winkel en iets anders gesien, daarna gekyk en toe my dogterjie geroep om ook
te kom kyk. Ek het haar toe gevra watter een van die 2 vir 'n geskenk en sy
het een gekies. Ek het toe na die betaalpunt geloop voor in die winkel en
die present vir die dame gegee om op te lui.
 
Ek het vir my dogterjie gevra om solank vir haar boetie te gaan roep - sy
het gehardloop en seker 'n minuut later terug gekom en gese sy kry hom nie.
Ek het toe in die winkel begin soek na hom en geroep, maar daar was geen
teken van hom nie en hy het ook nie geantwoord nie.
 
Net toe het my dogtertjie my geroep dat hy daar voor by haar is. Ek het
soontoe geloop en daar was hy by 2 polisiemanne.
Hulle het vir my gese dat hulle hom bo in die sentrum by die Pick n Pay in
die geselskap van twee swarte mans gekry het en toe hulle gevra wie se kind
is dit.
Die 2 mans het toe gese hulle weet nie hy het sommer net saam geloop. Die
polisieman het toe my seuntjie opgetel en begin om by elke winkel te vra
terug tot by die speelgoed winkel. Dit alles het in 'n kwessie van 5 minute
gebeur!
 
My dogterjie het my seuntjie gevra of hy self geloop het en hy het toe
geantwoord dat een van die Ooms sy hand gevat het.
 
'n Ander vroutjie het my Maandag vertel dat hulle die naweek in Boksburg by
'n sentrum was en hulle het by die Woolworths ingegaan. Haar ma was saam en
was moeg en het besluit om buite die winkel op 'n bankjie te gaan sit en
wag. Die volgende oomblik sien haar ma 'n blanke man met een van die
dogtertjies(5 jaar oud) by die winkel uit geloop gekom. Haar ma het toe op
hom geroep en gevra wat doen hy, waarop hy weg gehardloop het.
Intussen het sy agtergekom haar een dogterjie is weg en die sekuriteit gevra
om die deure toe te maak - maar die man was alreeds buite.
As dit nie was dat haar ma buite gesit het en wag nie - was hy weg met haar
kind!!
 
 
Wees asseblief bewus daarvan dat ons kinders teikens is en hou jou kinders
die heeltyd onder oe. 
  
  
  

www.eposvriende.com



 

Comments

Popular Posts