Die wondere van Klippies!

Flippie van Evander skryf:

"Ek het uiteindelik vanoggend tyd kon afknyp vir n bietjie swartbaars
hengel en het afgesit dam toe. Na 'n rukkie was my wurms op en terwyl ek rondkyk vir nog aas, merk ek 'n pofadder in die lang gras langs die dam met 'n padda in sy bek. Ek besef  dadelik hy kan my mos nie pik met die padda in sy bek nie en 'n padda is bleddie
goeie swartbaarsaas.

"Ek gryp die adder-kerel toe agter die kop en haal die padda versigtig uit en gooi hom in my aasemmer. Wat nou gemaak met ta pofadder?

"Skielik onthou ek die bottel Klipdrif in my piekniekmandjie. Met die
een hand haal ek hom uit en trek die prop met my tande uit. (Dis was 'n bottel 10 jaar Klippies met 'n kurkprop.)

"Versigtig gooi ek 'n bietjie in sy keel af. Sommer dadelik word adder se kind slap in my hande terwyl sy oe omrol. Ek los hom toe weer in die lang gras en gaan aan met my visvangery.

"So 'n rukkie later voel ek iets stamp stamp so aan my voet. Sal dit nie wragtig dieselfde pofadder wees nie! Die keer het hy egter twee paddas in sy bek!"

 

Groete

 

Koekoes

 

http://www.2dvd.co.za

www.eposvriende.com

www.guillainbarresindroom.co.za

www.uitreikprojek.co.za

www.twitter.com/eposvriende

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende/

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende2      

http://groups.yahoo.com/group/resepte           

http://groups.yahoo.com/group/english_recipes   

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende-everything

http://groups.yahoo.com/group/news-funny-weird

 

 

 

Comments

Popular Posts