7 Klippies


7 Klippies

Daar's sewe klippies in jou sak
Deur die Here vir jou ingepak
Sodat jy ene weg kan gooi
Vir elke tiende jaar voltooi.

Eerste klippie, geen probleem
Die spel sal donkiejare neem,
Dink ons in ydel kinderwaan
Die lewe gaan vir ewig aan.

Op twintig waai die tweede klip,
Pragtig en rooi van lip,
Windmakerder kan jy nie kry,
Wat ek wil, skuld die wêreld my.

Klippie drie die laat jou dink,
Vir dertig jaar het jy rinkink,
Vier sewendes is daar nou oor,
Om op te maak vir tyd verloor.

As uit jou hand die vierde val,
Dan vlek die grys jou slape al,
En dit wat in die sak oorbly,
Te min om als gedoen te kry.

Dan kom jy by vyftig,
Nou galop die tyd te vlytig,
En na die bult-op lewenspad,
Beginne jy die afdraand vat.

Voor laaste klippie nommer ses
Glip uit die sak voor jy sê mes
Die wat gewerk het vir n baas
Kry sy persent en groet vir laas.

O wee, o wee, nou klippie sewe,
Skriftuurlik het jy klaar gelewe,
Daar kom nou veel genade kort
Vir die wat dalk wil tagtig word.

Daar is natuurlik taai kalante,
Jy sien hul soms in die koerante,
Wat net nie wil die emmer skop
En eers na honderd om sal dop.

Of jy nou tot vervelens lewe,
Of tata sê hier rondom sewe,
By watter klip jy ookal stop,
Gaan sal ons, die tyd raak op.

Ek wens jou dus n sakvol klip,
Genoeg vir daardie honderd trip
En vreugde in jou kook en bak,
Tot jou knië daar op oudag knak.

Nou ja, ou maat, daar het jy dit,
Al wat ons nou kan doen is bid
Vir gesondheid, liefde en geluk,
Met voorspoed vir die oorblystuk

Poems & Emotions e-mails
http://groups.yahoo.com/group/poems-eposvriende
Subscribe: poems-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Gedigte & Emosionele boodskappe (Afrikaans & English)
(As jy by die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook die Engelse e-posse ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)
http://groups.yahoo.com/group/gedigte/
Subscribe: gedigte-subscribe@yahoogroups.com

https://www.facebook.com/nog.goeters






Comments

Popular Posts