Souskluitjies
Souskluitjies
Lekker Kluitjies om op jou kookvleis of
potjies te sit.
Maak seker jy het genoeg sous in jou pot
dat dit nie droog kook of jou vleis aanbrand nie.
250 ml (1 k) koekmeel
7 ml (1½ t) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
60 g botter or margarien, in blokkies gesny
10 ml (2 t) droƫ pietersielie
60-80 ml (¼-1⁄3 k) melk
Sif die meel, bakpoeier en
sout saam.
Vryf die botter met die
vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die pietersielie by en
net genoeg melk om ’n sagte deeg te vorm.
Skep eetlepels vol deeg in
die vleispot en bedek.
Laat minstens 15 minute
prut sonder om die deksel op te lig tot die kluitjies gaar is. (’n Mes moet
skoon uit die middel kom.)
Resep van Huisgenoot/Stork
Comments