Toedraai kombers

Toedraai-kombersie breipatroon
Vir ‘n Dierbare Vriendin.
 
Benodighede:
Bolle en bolle van die mooiste bloedrooi
Bolle en bolle van die mooiste suiwerste wit
Bolle en bolle van die mooiste helderste groen
Een pen van hoop en een pen van geloof
 
Grootte:  Onbeperk
 
Spanning:  Geen spanning vir hierdie kombersie nie.
Patroonsteek:  net reg(s).  Aweregs is nie geskik vir hierdie kombersie.
 
Aantal steke:  365 – onthou om met skrikkeljaar liewer een steek
te vermeerder as om te verminder
 
Metode:
Een hele ry met die mooiste bloedrooi.  
Een hele ry met die mooiste liefdeswit.  
Een hele ry met die mooiste genadegroen.
 
Afwerking:
Rye en rye gebed.
Alle benodighede is verkrygbaar by Jesus in oorvloed en verniet.  
Raad is beskikbaar van die Heilige Gees.  
(Dankie Heer vir sulke wonderlike gebedsvriende.  
Sonder hulle sou ons lewe arm gewees het).
 
Nood Telefoonnommer:
Hierdie telefoonnommers is baie beter as 911.
 
Wanneer:-
Jy bedroef is, skakel – Johannes 14
Jy gesondig het, skakel – Psalm 51
Jy bekommerd is, skakel – Matthëus 8:19-34
Jy in gevaar verkeer, skakel – Psalm 91
Mense jou gefaal het, skakel – Psalm 27
Dit vir jou voel asof God vêr van jou is, skakel – Psalm 139
Jy eensaam en bang is, skakel – Psalm 23
Jy uitgeworpe voel, skakel – Romeine 8:31-39
Hierdie nommers kan direk geskakel word, sonder die hulp van ‘n operateur.
 
Alle lyne na die hemel is 24 uur per dag beskikbaar!
Voed jou geloof, en twyfel sal van honger omkom!
 

Comments

Popular Posts