Afrika is besig om in 2 te skeur
Die middelpunt van die aardbewing was by die Vaal Reefs-goudmyn naby Orkney in Noordwes. Foto: Google Earth
Afrika is besig om stadig, maar seker, in twee te skeur.
DĆt is die waarskynlike oorsaak vir die aardbewing van 5.5 op die Richterskaal wat die sentrale
binneland Dinsdagmiddag omstreeks 12:30 getref het.
Volgens dr. Herman van Niekerk van die departement geologie aan die Universiteit van
Johannesburg wat in strukturele geologie spesialiseer,
was die fokuspunt van die aardbewing 10ākm onder die aardoppervlak, sowat 6ākm van
Orkney in Noordwes.
Die episentrum was in diƩ provinsie se goudveld, maar het volgens Van Niekerk niks met
mynboubedrywighede te doen nie.
Die episentrum is deur die Amerikaanse geologiese opname (USGS) bepaal en was enkele
kilometer van Khuma, Orkney, Stilfontein en Klerksdorp.
Trillings is tot in Durban, ĀBotswana en selfs in Zimbabwe gevoel. Die skudding het sowat 'n minuut geduur.
'n Onbekende man is dood toe 'n muur by een van die skagte by AngloGold Ashanti se myn naby Orkney ingeval het.
Stewart Bailey, woordvoerder van AngloGold Ashanti, het Dinsdagaand gesĆŖ 21 mynwerkers by
hul twee myne in die omgewing het ligte beserings opgedoen.
Teen 19:30 Dinsdag is al 3ā300 mynwerkers wat ondergronds was tydens die skudding veilig na die oppervlak gebring.
Geen skagte het ingeval nie.
In Klerksdorp was die krag nog ure nĆ” die bewing af.
In diƩ stad, Stilfontein, Orkney en Khuma is honderde huise beskadig, vensters het gebreek en skole en ondernemings is ontruim.
Die nuwe vasteland sal bekend staan as die Somaliese plaat en dit sal die grootste deel van die Ooskus van Afrika bevat.
Dinsdagaand het 'n naskok die township Khuma naby Orkney weer geruk, het Sapa berig.
Van Niekerk het gesĆŖ die aardbewing is moontlik veroorsaak deur bewegings van die aardkors in die Grootskeurvallei in EthiopiĆ«.
Dit plaas geweldige stres op die aardkors.
"Daar moet iewers van hierdie stres ontslae geraak word en dit het Dinsdag gebeur."
Volgens Van Niekerk is dit onwaarskynlik dat die aardbewing mynverwant is, juis omdat dit 10ākm van die aardoppervlak gebeur het.
Die diepste myne in Suid-Afrika is 4ākm.
Van Niekerk het gesĆŖ Suider-Afrika het 'n geweldig ou kontinentale kors.
Afrika is besig om in twee te skeur ā nie hier in Suid-Afrika nie, maar wel van die
Grootskeurvallei in Sentraal-Afrika af tot by Noord-Mosambiek.
Die aardkors in Suid-Afrika is sowat 2,7āmiljard jaar oud. Volgens die webwerf The
Basement Geographer beweeg die skeurvallei teen sowat 2,5ācm per jaar weg van die Afrika-vasteland.
"Dit sal mettertyd tot 'n nuwe tektoniese plaat en 'n splinternuwe vasteland lei.
"Dit sal bekend staan as die Somaliese plaat en dit sal die grootste deel van die ooskus van Afrika bevat."
Dit kan na raming tot 90āmiljoen jaar vir diĆ© nuwe vasteland neem om te vorm.
Van Niekerk het gesĆŖ die rede waarom die seismiese golwe so ver gevoel is,
is juis omdat dit 10ākm onder die aardoppervlak gebeur het.
As die episentrum nader aan die aardoppervlak was, sou die trillings nie so ver gevoel geword het nie.
Dinsdag se aardbewing, wat 5,5 op die Richterskaal geregistreer het, is een van die grootste wat nĆ³g in Suid-Afrika voorgekom het.
Volgens Michelle Grobbelaar, hoof van seismologie van die Raad vir Geowetenskappe, is die geologie in Suid-Afrika bevorderlik vir
die vordering van grondbeweging oor 'n groot afstand.
Daarom is dit nie ongewoon dat die aardbewing so wydverspreid is nie.
Die raad het berigte ontvang dat dit ook in die Oos-Kaap en Zimbabwe gevoel is.
Grobbelaar het gesĆŖ die grootste natuurlike aardbewing in Suid-Afrika se geskiedenis is die Tulbagh-aardbewing van 1969,
wat 6,3 op die Richterskaal geregistreer het. Ook diƩ aardbewing is so ver as Zimbabwe gevoel.
Minstens een man is in Dinsdag se aardbewing dood.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesĆŖ die 31-jarige man is dood toe dele van 'n muur in Orkney op hom geval het.
Die man was deel van 'n groep wat deur 'n ou myngebied met baie verlate geboue geloop het toe die aardbewing getref het.
"Die muur van een gebou het omgeval en die groep het weggehardloop, maar een man kon nie betyds wegkom nie."
Die man het halfpad in die puin gelĆŖ toe die paramedici opgedaag het. Volgens Vermaak het die man erge beserings opgedoen en was hy reeds vĆ³Ć³r hul aankoms dood.
Die oorledene was blykbaar 'n onwettige immegrant en dus 'n onwettige myner.
Nuus: Snaaks, Interessant, Weird
http://groups.yahoo.com/group/snaaks
Subscribe: snaaks-subscribe@yahoogroups.com
Comments