Die seën van 'n bejaarde

DIE SEËN VAN 'N BEJAARDE
Geseënd is jy, as jy verstaan
dat my hande bewe
en my voete stadig geword het.

Geseënd is jy, as jy daaraan dink
dat my ore nie meer goed kan hoor nie.

Geseënd is jy, as jy weet
dat my oë nie meer goed kan sien nie,
as jy nie kwaad word
as ek die mooiste koppie laat val
of omdat ek vir die soveelste maal
dieselfde storie vertel nie.

Geseënd is jy, as jy my toelag
en my vra na die dae van my jeug.

Geseënd is jy, as jy sagkens met my omgaan,
my stille trane begryp
en my laat voel dat iemand vir my omgee.

Geseënd is jy, as jy langer by my bly
as dit oral donker word
en as jy my hand vashou
wanneer ek alleen die nag moet in,
die nag van die dood.

Geseënd is jy -
as ek in die hemel kom
sal ek die sterre vir jou aansteek.
(Skrywer onbekend) 

Eposvriende.blogspot.com


Comments

Popular Posts