Die toets


DIE TOETS - Manie Colyn.



'n Christen barones het in die hoogland van Nairobi, Kenia gewoon, vertel Leslie Flynn. Sy het een van die omgewing se inboorlinge as 'n huishulp in diens geneem. Hy was besonder netjies, skerpsinnig en goedgeaard. Hy het sy werk vinnig geleer en die belangrike vrou was baie tevrede met sy diens. Na hy drie maande vir haar gewerk het, vra hy by haar 'n aanbevelingsbrief om by 'n vriendelike Sheik, wat enige kilometers verder gewoon het, werk te kry. Sy wou die knap jongman nie verloor nie en bied hom 'n loonverhoging aan. Hy verduidelik vir haar, dit is nie oor sy loon dat hy wil weggaan nie, maar hy weet hy moet oor sy godsdiens besluit. Hy wil nie sonder 'n godsdiensgeloof deur die lewe gaan nie. Dit is die rede dat hy vir haar kom werk het. Hy het geweet sy behoort aan die Christelike geloof en hy wou self sien hoe leef so iemand in die huis. Nou gaan hy na die Moslemman toe om te sien hoe leef 'n Moslem. Dan sal hy besluit of hy 'n Christen of 'n Moslem gaan word. Leslie Flynn skryf: "The baroness was stunned, as she recalled her many blemishes in her dealings with the houseboy. She could only exclaim, 'Why didn't you tell me at the beginning!'"

Dit is 'n betroubare toets van die egte, innerlike lewe: hoe gedra mens jou in jou eie huis, teenoor jou eie mense? En veral teenoor jou minderes, die bediende? 'n Mens het nie van nature so 'n goedheid in 'n mens se innerlike lewe, dat Christelike gedrag daaruit sal voortvloei nie. Slegs as Christus Sy eie geaardheid, deur die Heilige Gees, in 'n mens se hart inplant, kan 'n mens dit ook as spontane, private lewenswyse uitleef. "Die...Raad was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien (en)... het hulle as volgelinge van Jesus herken" (Handelinge 4:13).

GEBED: Here, vandag wil ek U lig laat skyn uit my lewe.

LEES: Efesiƫrs 5:6-20: "Leef dan as mense van die lig...Wees baie versigtig hoe julle lewe...Maak gebruik van elke geleentheid want ons lewe in 'n goddelose tyd" (vs. 8-16).
Uit Danie van egafrikaans.co.za se nuusbrief geleen

Comments

Popular Posts