Coke Sjokolade Koek
COKE SJOKOLADE KOEK
500ml
koekmeelblom
5ml sout
500ml
suiker
250g sagte botter
45ml
kakao
250ml Coca-Cola
375ml malvalekkers, in kwarte
gesny
5ml koeksoda
125ml
karringmelk
2 eiers, geklits
5ml vanielje geursel
VERSIERSEL
125g
botter
45ml kakao
90ml
Coca-Cola
500g versiersuiker, gesif
100g pekanneute,
gekap
5ml vanielje geursel
Voorverhit die
oond tot 180C. Sif meel en sout saam. Voeg suiker by. Verhit botter, kakao en
Coca-Cola tot die botter gesmelt is, verwyder van stoof en voeg malvalekkers
by. Roer en meng goed in die meelmengsel in. Los koeksoda en karringmelk op,
voeg by mengsel saam met geklopte eiers en geursel. Meng goed. Skep in
gesmeerde losboomringkoek pan van 250mm. Bak sowat 45minute of tot ‘n toetspen
skoon uitkom. Laat afkoel in pan en keer uit.
VERSIERING
Verhit botter,
kakao en Coca-Cola tot net onder kookpunt, voeg by versiersuiker en meng goed.
Voeg driekwart van die neute en die geursel by. Versier koek met orige neute.
(Uit Anna Eksteen se nuusbrief)
Comments