BAND VAN VRIENDSKAP


BAND VAN VRIENDSKAP

Vir al my maatjies van *lankal terug* en ook die nuwe maatjies wat sopas hul hand van vriendskap uitgesteek het ♥

Saggies het jy gekom en ‘n hand uitgesteek
van vriendskap en omgee, ‘n glimlag so breed.
Soms luister jy net of gee my ‘n Woord
as my lewenslied klink na ‘n valse akkoord ...
Dan weer ‘n glimlag en ‘n stewige handdruk
as my ogies nat is en my skouers wil snik ...
Jy sien ook my twyfel en weemoed soms raak,
vertel my van jou prag-kruik met sy eie seer-kraak..
Saggies-versigtig probeer jy my sê
mens kry nie altyd wat jy graag sou wou hê!
My lewe is hartseer en ek voel soms gedaan maar as ek kyk na jóú vrede, dan stop dit mý traan.
Dankie dat jy ligvoet op my lewensskerwe trap, jou nie daardeur laat afsit maar saam met my wil stap.
Jou vriendskap is ‘n seëning, opligtend, vol goud, jy deel jou Jesus-liefde, jy’s die aarde se sout.
Mag mý vriendskap dan ook vir jou opregtheid, kameradie en die Jesus-lig inhou.

Comments

Popular Posts