Gevulde hoenderborsies met pikante aartappels

Gevulde hoenderborsies met pikante aartappels

Huisgenoot resep

800 g aartappels, in blokkies gesny
60 ml (¼ k) olie
5 ml (1 t) mosterdsaad
2 knoffelhuisies, fyn gekap
5 cm vars gemmer, fyn gekap
15 ml (1 e) matige kerriepoeier
2 ml (½ t) borrie
30 g botter
6 sprietuie, in fyn skywe gesny
1 groen brandrissie, fyn gekap
sout en peper

GEVULDE HOENDER
6 hoenderborsies, oopgevlek
150 g camembertkaas
6 repe spekvleis
5 vars salieblare
125 ml (½ k) tamatiesous
45 ml (3 e) balsemieke asyn
15 ml (1 e) esdoringstroop
1 knoffelhuisie, fyngedruk

  1. Voorverhit die oondrooster op hoog.
  2. Kook die aartappels oor matige hitte 8 minute of tot amper sag. Dreineer in ’n gaatjiesbak.
  3. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte, voeg die mosterdsaad by en rooster tot dit begin skiet. Voeg die knoffel, gemmer, kerriepoeier en borrie by en braai ’n paar sekondes terwyl jy roer.
  4. Voeg die botter en aartappels by en braai 5 minute. Voeg die sprietuie, brandrissie, sout en peper by. Verwyder van die stoof en hou warm.
  5. Gevulde hoender: Sny die kaas in 6 stukke en draai elkeen in spekvleis toe. Plaas elke kaaspakkie in die middel van ’n oopgevlekte hoenderborsie, vou toe en steek met skemerkelkiestokkies vas.
  6. Meng die salie, tamatiesous, asyn, stroop en knoffel. Verf oor die hoender. Verplaas na ’n bakplaat en rooster 10 minute. Draai om en bedruip met die oorblywende sousmengsel. Rooster nog 10 minute of tot die hoender se sappe deursigtig is.
  7. Haal die skemerkelkiestokkies uit en sit die hoender voor met die aartappels en ’n tamatiesambal.

 

 

 

Comments

Popular Posts