Gebed vir besige mense

'n Mooi gebed vir besige mense:

Here, ons het 'n moeë generasie geword!
Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, moeg vir mense.

Ons het veral moeg geword om alles altyd reg te doen.

Om aanvaarbaar te wees, móét ons
Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees met duidelike doelwitte.

Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde familiemense
En betrokke gemeenskapwerkers wees
Sjoe, dis 'n oorvol mondvol!

Vandag wil ek sommer net by U kom rus

En vra dat U my die regte prioriteite sal wys.
Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak
en die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?
Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is..

Maak huis skoon met my, Here.
Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe
En leer my om sommer net U kind te wees.
In U naam vra ek dit,

Amen


Dankie Willy



www.eposvriende.com
www.emailbuddys.com

Join Fun e-mails: Afrikaans & English johanna4-276094@autocontactor.com

Join Fun e-mails: English johanna4-276100@autocontactor.com


PPS & Video clips: Visit http://groups.yahoo.com/group/eposvriende2
or send a message to eposvriende2-subscribe@yahoogroups.com


ePosVriende

2023 58th Ave Cir E.
Suite K6717
Bradenton, FL
34203
US


Comments

Popular Posts