As 1 Korintiërs 13 net vir Mammas geskryf was.....




As 1  Korintiërs 13 net vir Mammas geskryf was.....

Al sou mamma  die mooiste huis besit en die lekkerste etes vir ons voorberei,
Maar dit nie met
liefde doen nie,
Dan is dit so waardeloos soos 'n 
leë kastrol.

Al is mamma  die
besigste mamma op die Beheerraad
En koop vir my eendag die 
duurste sporttoerusting,
Maar mamma het nie die
tyd om my langs  die sportveld aan te spoor nie,
Dan sal dit my niks baat  nie.

Al koop  mamma 'n
kamer vol van die duurste opvoedkundige speelgoed
En  betaal sakke vol geld vir
ekstra klasse,
Maar mamma sit nie ook  self by my en speel of sukkel met die
skoolwerk nie,
Dan sal dit  my niks baat nie.

'n 
Liefdevolle mamma is geduldig met my,
Sy Tel maar partykeer my 
speelgoed en klere op.
'n
Liefdevolle mamma is lankmoedig en  vriendelik,
Sy laai haar motor maar somtyds vol
kletsende,
Bakleiende,
swetende skoolkinders.

Mamma's 
vergelyk nie hul kinders met ander kinders nie en is nie verwaand  oor prestasies nie.
Mamma's
bedek skrape met liefde en pleisters  en glo in my,
Hoop net die beste vir my en verdra die klaery en  kritiek.

My gewasde en gestrykte wasgoed word weer
vuil en 'n netjies huis weer  deurmekaar.......
Maar 'n
opregte drukkie en 'n intieme gesprek  sal vir altyd in my kinderhartjie bly.

Eendag sal  ons huis en sy binnekant tot niet gaan,

Maar
mamma en ons gesin se siele sal ondersoek word.

Toe
mamma  nog 'n jong meisie was,
Was mamma gesteld op mamma se mooi  voorkoms en aardse besittings,
Maar noudat mamma
'n MA is, het ons kinders die  belangrikste geword.
Een van die dae kyk mamma miskien vas in 'n  opstandige tienergesig,
Maar eendag as ek groot geword het,
Sal ek  die vrugte pluk van die
LIEFDE wat mamma in my kleintyd gesaai het.

En nou bly, 
AANDAG, GEDULD en LIEFDE, hierdie drie,
Maar die  waardevolste hiervan is die onvoorwaardelike
LIEFDE van 'n mamma!





Comments

Popular Posts