Elke uur van die horlosie het 'n boodskap

 

Elke uur van die horlosie het 'n boodskap:

1 UUR sê vir my ek leef net een maal en daarom moet ek die lewe waardeer en my tyd hier op aarde reg gebruik.

2 UUR sê ek het twee ouers wat ek moet eer en liefhê en gehoorsaam.

3 UUR herinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet dien.

4 UUR herinner my aan die vier windstreke en dat waar ek ook al mag gaan ek die Hemel se kompas (die Bybel) nodig het om vir my rigting aan te dui.

5 UUR dui op die vyf vingers aan elke hand waarmee ek moet werk om my brood eerlik te verdien en diensbaar moet wees vir die Here.

6 UUR sê vir my ek moet my pligte getrou nakom en ses dae van die week werk.

7 UUR sê vir my dat ek op die sewende dag moet rus.

8 UUR laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die sondvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by Christus skuiling soek.

9 UUR herinner my aan die nege melaatses wat nie
Teruggekom het om die Here te bedank nadat hulle gesond geword het nie en maan my om dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang.

10 UUR herinner my aan tien jong meisies waarvan vyf nie gereed was toe die bruidegom gekom het nie en waarsku my om nie so dwaas soos hulle te wees nie.

11 UUR herinner my aan so baie mense wat tot elfder uur uitstel om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom. Dit maan my om altyd gereed te wees om die Here te ontmoet.

12  UUR sê vir my die genadetyd is haas verby. Om
Middernag kom die Bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agterbly as Hy Sy kinders kom haal nie.




Elke tik van die horlosie. Elke klop van die hart bied 'n geleentheid. Gebruik dit tot eer van die Here!

http://groups.yahoo.com/group/christelik-eposvriende
Post message: christelik-eposvriende@yahoogroups.com
Subscribe: christelik-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Unsubscribe: christelik-eposvriende-unsubscribe@yahoogroups.com
List owner: christelik-eposvriende-owner@yahoogroups.com
.
http://geo.yahoo.com/serv?s=97359714/grpId=40032126/grpspId=1705074046/msgId=69/stime=1298981147/nc1=5522123/nc2=5741393/nc3=5758219
__,_._,___

Comments

Popular Posts