Karringmelkbeskuit 1

250 Ml. Suiker. 2 Eiers. 500 Ml. Karringmelk. 1 Kg. Snowflake - Bruismeel. 5 Ml. Sout. 250 G. Margarien. Verhit Oond Tot 180 Grade C. Klits Eiers En Suiker Saam Tot Lig En Skuimerig. Voeg Karringmelk By. Sif Meel En Sout In Groot Mengbak En Vryf Botter In Met Vingerpunte. Voeg Karringmelk By En Meng Tot Deeg. Rol Deeg In Handpalms In Balletjies. Rol Balletjies Ewe Groot Omtrent Die Grootte Van 'N Eier. Plaas Balletjies Dig Teenmekaar In Gesmeerde Broodpanne. Bak Vir 50 - 60 Minute. Laat Effens Afkoel En Keer Uit. Laat Dan Heeltemal Afkoel. Breek Beskuite Oop En Laat Oornag Op Draadrak In Oondlaai Of In Koel Oond Uitdroog.

Comments

Popular Posts