Ek laai my kinders op U Train H e r e

Ek laai my kinders op U trein H e r e

Ek is so moeg van wakkerlê en wroeg

My hart is gebreek oor my kinders se seer

Toe hulle klein was,

Kon ek hulle teen my vasdruk as hulle seerkry

En pleisters en spoeg aansmeer -

Totdat hulle weer lag.

Nou is hulle groot en hulle seerkry is anders.

Ek kan hulle nie meer vasdruk nie.

Ek voel magteloos.

Ek kan niks meer vir hulle doen nie.

Ek kan maar net vir hulle bid, en hulle aan U opdra.

Groot Kondukteur,

Ek laai hulle vanoggend op U trein.

Neem hulle asseblief saam met U op reis.

Laat my rustig aanvaar dat ek nie meer kan saamgaan

En neem sommer my bagasie van skuldgevoelens,

waaraan ek so swaar dra, ook met U saam.

Ek dank U dat U hulle eintlike Vader is, hulle Bloedpa.

Dit omdat hulle oudste broer, U seun,

Hulle met Sy bloed gekoop het.

Lig U hande seënend oor my kinders, H e r e J e s u s,

En laat hulle opkyk na die hande wat hulle seën.

Laat hulle, hulle name onuitwisbaar gegraveer sien in U handpalms,

En laat U bloed wat daaruit vloei, wat hulle reinig van alle - ja,

Regtig, alle - sonde.

Groot Kondukteur,

Ek wuif vir hulle terwyl U met hulle verder op hulle

Lewensreis vertrek.

Dankie tog, H e r e dat ek kan weet, U is hul redder en ek dank U daarvoor!

Amen

Met Liefde Mamma

www.eposvriende.com

Smart SMS


Comments

Popular Posts