Afrikaans jou lekker ding

 

 

 

Afrikaans bly maar die beste taal




Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!


Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.

Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids!

Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!

Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!

Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks

Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.

Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet.

Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie..

Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.

Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.

Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik
daarvan.

Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek.

Arende vlieg dalk hoog, maar muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor
ingesuig nie.

Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen,
op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.

Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.

Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit
lankal gedoen het.

Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!

As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.

As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig.

 

 

 

 

 

http://www.eposvriende.com

To join for  loads of fun (high volume) send an e-mail to:   eposvriende-everything-subscribe@yahoogroups.com
Or visit:  http://groups.yahoo.com/group/eposvriende-everything

Om aan te sluit vir Prente en Fotos – Afrikaans – Meer – soms meer as 1 e-pos per dag, stuur ‘n e-pos aan:  Afrikaans-meer-subscribe@yahoogroups.com

Of besoek: http://groups.yahoo.com/group/Afrikaans-meer

 

 

__._,_.___

Recent Activity:

·         New Members 3

http://groups.yahoo.com/group/Afrikaans-meer
Post message: Afrikaans-meer@yahoogroups.com
Subscribe: Afrikaans-meer-subscribe@yahoogroups.com
Unsubscribe: Afrikaans-meer-unsubscribe@yahoogroups.com
List owner: Afrikaans-meer-owner@yahoogroups.com

.

__,_._,___

Comments

Popular Posts