Dankie

 

WAT VAN DANKIE.
(Marijke Edwards)

 

Ek het eendag, nie so lank gelede nie, 'n e-pos gekry van 'n seuntjie wat vertel van die droom wat hy gehad het.  In sy droom was die hemel  half soos 'n "filing" sisteem.  Daar was baie engele wat moes werk aan al die gebedjies wat inkom en daar was 'n engel wat doodverveeld by sy tafel gesit het. Die seuntjie het hom  gevra: ’Hoekom werk jy nie?’  Ag, toe sug die engel en sê sy werk is om seker te maak dat al die dankies wat inkom reg "gefile" word, maar hy is nie besig nie, want daar is nie so baie wat inkom nie.

 

Dit is toe net daar wat ek besef dat dit so waar is. Ons is baie vinnig om te vra, maar vergeet soms om dankie te sê na die tyd.  Om die Here se naam te prys en dankie te sê is mos net so belangrik.

 

So van nou af as jy vir iets vra en die Here seën jou daarmee, moenie vergeet om dankie te sê na die tyd nie.  Loof en prys Sy naam.

 

Here, vandag wil ek vir niks vra nie, net dankie sê.  Dankie vir nog 'n dag in my lewe. Ek weet dat dit beteken U het nog 'n doel met my lewe en dat ek nog 'n dag moet werk om U naam groot te maak en 'n liggie vir U te wees. Dankie dat ek iets het om te eet, warm kan slaap en dankie Here vir al my seëninge wat ek ontvang het.  Dankie!

 

 

Geneem uit Danie van www.egafrikaans.co.za se nuusbrief.

 

www.eposvriende.com

 

Comments

Popular Posts