Wiskunde in die Woestyn

Wiskunde in die Woestyn
 
Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Israeliete. In die woestyn moes die Israeliete kos kry en hoe voed jy 3.5 miljoen mense? Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die weermag het Moses omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad. 'n 6km lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer.
 
Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn. 4000 Ton hout sou nodig wees per dag en weer 'n paar goedere treine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer. Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek.
 
Wat van water? Net genoeg vir drink en 'n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het, en 'n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring. Daar was net 'n paar putte in die woestyn. Hoe het hulle genoeg water gekry?
 
Nog 'n ding! Hulle moes oor die rooi see in een nag! As hulle met 'n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1280km lank wees en sou dit 35 dae en nagte neem om deur te gaan. So daar moes 'n pad deur die rooi see gewees het van amper 5 km breed sodat 5000 mense langs mekaar kon loop om in een nag deur te loop.

Nog 'n probleem, elke nag moes gekamp word. 'n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 kilometer breed en 48 kilometer lank.

 
Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek? Nee, hy was net 'n gewone man met 'n onwrikbare geloof in God. God sou sorg vir alles.
 
Kom, skep moed, ons het dieselfde God! Ons dink ons probleme is so groot. Onthou wat God kan doen! Sluit aan by God se span en plaas jou probleme in sy Hande. Laat Hy jou lewe beheer en Hy sal vir jou sorg. Vertrou God en sy Seun Jesus Christus. Die uiteinde van sonde is die dood, maar die geskenk van God is die ewige lewe. Jesus is 'n geskenk en Hy moet ingenooi word in jou lewe as Here, as jy die seëninge van ons Groot God in jou lewe wil ervaar.

Dankie Angela vir die pragtige e-posse.

 

http://www.eposvriende.com

To join for  Christian e-mails, send a message to:  Christian-ePosVriende-subscribe@yahoogroups.com

Or visit: http://groups.yahoo.com/group/Christian-ePosVriende

Om aan te sluit vir Christelik e-posse, stuur ‘n e-pos aan:  christelik-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com

Of besoek: http://groups.yahoo.com/group/christelik-eposvriende

 

 

Comments

Popular Posts