En jy het gedink jy weet ALLES van die liefde...? Laat kinders jou leer!

 

UIT DIE OOG EN HART VAN 'N KIND

WAT IS DIE BESTE OUDERDOM OM OP TE TROU?

Vier-en-tagtig, want dan hoef 'n mens nie meer te werk nie, en kan julle
die hele dag lank vir mekaar lief wees in die slaapkamer.
(Judy 8).


WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE SOEN?

'n Mens moet nooit 'n meisie soen, tensy jy genoeg geld het om vir haar
'n groot ring en 'n videomasjien te koop nie. Meisies wil altyd video's van
die troue hĂȘ.
(Jim 10)

DIE GROOT DEBAT: IS DIT BETER OM ENKEL TE WEES, OF GETROUD?

Dit is beter vir meisies om enkel te wees,maar nie vir seuns nie. Seuns het
iemand nodig om agter hulle skoon te maak.
(Lynette 9)


Dit gee my 'n kopseer om net aan sulke dinge te dink. Ek is net 'n kind, ek het nie sulke moeilikheid nodig nie.
(Kenny 7)

WAAROM RAAK TWEE MENSE LIEF VIR MEKAAR?

Niemand is seker waarom dit gebeur nie, maar ek het gehoor dit het iets met
hoe jy ruik te doen het. Dit is waarom parfuum en deodorant so gewild is.
(Jan 9 )

Ek dink jy is veronderstel om met 'n pyl geskiet te word, maar die res
daarvan is nie veronderstel om so seer te wees nie.
(Harlan 9)

HOE VOEL DIT OM VERLIEF TE RAAK?

Soos 'n sneeustorting, waar jy moet hardloop vir jou lewe.
(Roger 9)

As dit enigsins is soos om te leer hoe om te spel, wil ek dit nie doen nie.
Dit vat heeltemal te lank
.
(Leo 7)

OPINIES OOR DIE LIEFDE?

Ek is ten gunste van die liefde, solank dit net nie gebeur terwyl "The Simpsons"
op televisie is nie.
(Anita 6)

Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor wegkruip. Ek probeer al
daarvoor wegkruip vandat ek vyf is, maar die meisies bly my kry.
(Bobby 8)

Ek is nie haastig om verlief te raak nie. Graad vier is moeilik genoeg.
( Regina 10)

WATTER PERSOONLIKE KWALITEITE IS NODIG OM 'N GOEIE MINNAAR TE WEES?

Een van julle moet weet hoe om 'n tjek uit te skryf. Want al het julle tonne liefde,
gaan daar nog steeds hope rekeninge wees.
(Ava 8)

MANIERE OM IEMAND OP JOU TE LAAT VERLIEF RAAK?

Vertel hom dat jy 'n hele klomp lekkergoedwinkels besit.
( Del 6)

HOE WEET JY TWEE MENSE WAT UITEET, IS VERLIEF?

Kyk of die man die rekening betaal. Dan weet jy hy is verlief.
(John 9)

Dit is beslis liefde as hulle een van daardie poedings wat aan die brand
is, bestel. Hulle bestel graag sulke dinge, want dit is hoe hulle harte voel,
aan die brand.
(Chistine 9)

HOE MAAK JY SEKER DAT DIE LIEFDE SAL HOU?
 
Bestee die meeste van jou tyd aan jou liefie,in plaas daarvan om werk toe te gaan.
(Tom 7)

Moenie haar naam vergeet nie.............. Dit sal die liefdestorie heeltemal opmors.
(Roger 8)

HOEKOM HOU MENSE WAT LIEF IS VIR MEKAAR, HANDE VAS?

Hulle wil seker maak hulle ringe val nie af nie, want hulle het baie daarvoor betaal. (Dave 8)

 

 www.eposvriende.com

 

 

 



 

 




Comments

Popular Posts