EK IS DIE HERE JOU GOD, EK VAT JOU HAND

 

 

Jes 41:13

 

Is daar ‘n tekort in jou lewe?

EK vat jou hand –

Niks sal jou ontbreek nie.

Is jy uitgeput en moeg na siel en liggaam?

EK vat jou hand

En lei jou na waters waar rus is.

Ek verkwik jou siel.

Sit jy vasgevang in die diepste duisternis?

Kyk, EK is met jou -

EK vat jou hand, en lei jou die lig in.

Is jou hart in stukke gebreek?

Sit jy bedroef en moedeloos langs die pad,

Nie lus om een tree verder te gee nie?

Kom, vat  my Hand,

En stap saam met my die onbekende toekoms in.

Kyk, EK vat jou hand,

En sal jou nooit begewe of verlaat nie.

 

www.eposvriende.com

 

 

Comments

Popular Posts