Dankie Here

Liewe Here


Ek skryf net om te sê ek is jammer.

Omrede ek gister so kwaad was toe ek besef U het my gebede geignoreer, en dinge het nie op my manier gebeur nie.


Eers het my motor gebreek.

Ek was laat vir werk 

Maar ek het 'n lelike ongeluk gemis 

Was dit U handewerk?


Ek het 'n lieflike huis gevind.

Maar iemand anders was voor my daar  

Ek was so kwaad, maar toe hoor ek die agent se die pype van die huis in 'n toestand 

Toe was ek verlig.


Gister het ek die perfekte sweetpak gekry, maar die kleur was vaal.

Ek was vies.

Vandag het ek dieselfde sweetpak gekry in rooi, en U sal my nie glo nie - die prys was afgemerk


Ek weet dat U na my omsien en ek voel geseënd.  

Dit maak nie saak waarvoor ek bid nie; U weet altyd wat die beste vir my is 

Ek het hierdie sirkel van ePosVriende, wat die wêreld vir my beteken.

Party dae "stuur en stuur" ek, ander dae laat ek hulle net begaan......


Ek is geseënd om hierdie vriende te hê.

Ek het al so vas aan hulle gegroei.

So hierdie kort gediggie wil ek aan hulle opdra.

Omrede hulle vir my baie beteken  


Wanneer ek elke naam sien verskyn in my e-pos en ek kyk na die boodskappie wat hulle vir my gestuur het.  

Dan weet ek hulle het aan my gedink daardie dag en seënwense was hulle bedoeling.


So vir julle, my vriende, wil ek sê:

- Baie dankie dat julle deel van al my daaglikse kontakte is.   Hierdie kom so reg uit my hart.


God seën julle almal in my gebede vandag.  

Ek bid dat God julle veilig in Sy hande sal hou, todat ek weer kan kontak maak, en ook daarna.

Dankie Erika vir deel.

   

http://groups.yahoo.com/group/christelik-eposvriende
Post message: christelik-eposvriende@yahoogroups.com
Subscribe: christelik-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Unsubscribe: christelik-eposvriende-unsubscribe@yahoogroups.com
List owner: christelik-eposvriende-owner@yahoogroups.com 

   

Comments

Popular Posts