Vriendin se liefde

 

 


Wat is 'n vriendin se liefde?

Dit is 'n houtkruis teen alleenheid.
'n Steunpilaar in pyn.
'n Vuurhoutjie en 'n olielamp,
wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis 'n skouer om op te huil,
wanneer die wêreld jou soms druk.
'n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou
en wanneer om vir jou 'n roos te pluk.

Dis 'n oor wat na jou luister
al praat jy soms nie sense.
'n Stem wat vir jou fluister:
"Jy's 'n dierbare mens."

Dis 'n kombers teen die koue.
'n Sambreel teen die reën.
'n
Fort waardeur geen wind kan waai,
selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis 'n telefoonoproep uit die bloute.
'n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het.
En wanneer woorde oorbodig is,
word liefde 'n stille gebed.

Bo alles is Liefde 'n gawe van God -

Geen mens kan daarsonder klaarkom -
Dis die kern van Sy grootste gebod.
LIEFDE AAN JOU NAASTE,
MAAR BELANGRIK OOK AAN HOM!!!!!

 

 

 

 

Love and Friendship e-mails
http://groups.yahoo.com/group/love-eposvriende
Subscribe: love-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Liefde en Vriendskaps e-posse

(As jy by die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook die Engelse e-posse ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)
http://groups.yahoo.com/group/Liefde-en-Vriendskap
Subscribe: Liefde-en-Vriendskap-subscribe@yahoogroups.com

 

 

Comments

Popular Posts