Ons tuiste - die olieveld


Alhoewel plastiek 'n moderne gerief is, veroorsaak dit baie probleme in Japan en die res van die wêreld. Stortterreine om die nie-bio-afbreekbare plastiek te stort word al minder en dit is besig om die oseane te besoedel.
Akinori Ito, die uitvoerende hoof van Blest, 'n Japannese maatskappy, het 'n universele oplossing. Hy meen dat as plastiek uit olie bestaan, waarom dit dan nie terug in olie verander nie? Gevolglik bou hy 'n masjien wat presies dit doen. Sy oplossing is veilig, eko-vriendelik en doeltreffend.
“As ons die plastiek verbrand, veroorsaak dit gifstowwe en 'n groot hoeveelheid koolstofdioksied. As ons dit terug omskakel in olie, verminder ons koolstofdioksied en terselfdertyd maak ons mense meer bewus van die waarde van plastiese afval” sê Ito. Blest se omskakelingstegnologie is baie veilig, want dit gebruik 'n gekontroleerde temperatuurverwarmer eerder as 'n vlam. Die gevolg is 'n ru gas wat toestelle soos kragopwekkers en stowe van brandstof voorsien en meer geraffineerd word dit in motors, bote of motorfietse gepomp.
Blest vervaardig die masjiene in verskeie groottes vir industriële of huishoudelike gebruik. Daar is reeds baie masjiene in gebruik dwarsoor Japan op plase en in visserye en klein fabrieke. Masjiene word ook verskeep na die buiteland vir omgewingsbewustes en ander belangstellendes.
Een kilogram afvalplastiek produseer byna 'n liter olie en gebruik sowat een kilowatt elektrisiteit.
“Die belangrikste werk wat ek doen is om skoolkinders hieromtrent in te lig,” sê Ito. Hy besoek skole waar hy kinders, onderwysers en ouers wys hoe om die verpakking en strooitjies wat vir hulle middagetes gebruik is, in olie om te sit.
“Plastiek is oral in die wêreld en almal gooi dit weg” sê Ito. “Ons tuiste is die olieveld van die toekoms!”
(Met erkenning aan die Japan sending)
Geneem uit die egafrikaans.co.za nuusbrief
News: Funny, Weird, Interesting
http://groups.yahoo.com/group/news-funny-weird/
Subscribe: news-funny-weird-subscribe@yahoogroups.com
Nuus: Snaaks, Interessant, Weird
(As jy by die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook die Engelse e-posse ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)

Comments

Popular Posts