Ons


 Ek glo in die son, selfs al skyn dit nie. Ek glo in liefde, selfs al is ek alleen. Ek glo in God, selfs wanneer Hy stil is.

                                                         
Ons almal is menslik, en almal kry seer.  Ons het almal ons lesse om uit die lewe te leer.
Ons almal wil graag vergifnis hê, Maar dis soms so moeilik net om jammer te se.
Ons almal het stories, van trane en spyt, Ons almal het verhale van liefde en verwyt.
Niemand is perfek nie, en nie almal is mooi nie, Maar onthou, die lekkerste appels is nie altyd rooi nie.
                   
Vergewe en vergeet, is soos bitter en soet.  Die soet laat jou hart klop en die bitter vergiftig jou bloed.
Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe jou nie.  Dis nie die moeite werd om dinge teen mense te hou nie.
Leer om te lewe en ander te laat leef, Leer om na die goeie in die lewe te streef.
Daar’s net een van jou, en net een kort kans, Om op die ritme van jou geluk, in die lewe te dans.
                   
Verlos jouself en begin diep binne rond delf.  Maak stupid grappies en lag hardop vir jouself.
Daar’s beter dinge as rykdom en geld, Al bly jy in ‘n tent iewers in die veld.
Dis jou eie keuse maak of breek, Kyk bietjie wat jy in jou binneste wegsteek.
Tel op jou kop, hou jou trane vir ‘n ander dag, Dink terug aan goeie tye, en mis dit vir ‘n slag.
                   
Dink aan al die dinge wat jy al behaal het, En buitendien is dit God wat jou lewe bepaal het.
Voel die verligting van vergifnis in jou are, Voel die speling van gevoel oor jou hart se snare
Lewe en laat leef, die res kan maar staak, Want dis meer as asem haal, wat in jou lewe saak maak…
‘n Mens lewe nie van brood en water alleen nie, En God het jou nie verniet aan die wêreld geleen nie!
    
                  

Comments

Popular Posts