Riglyne van God


Riglyne van God
1. Maak Jouself Vry van Bekommernisse:
Die Lewe het jou met 'n slag geslaan en al wat jy doen is jouself bekommer en bejammer.  Het jy vergeet wie EK is en dat EK hier is om jou laste te dra? 
Alternatiewelik,  geniet jy dit om jou te verknies oor al die kleinighede in die lewe wat jou kant toe kom ?  
2.  Sit dit op die Lys:
Iets moet gedoen word of voor gesorg word.  Sit dit op die Lys   Nee, nie JOU lys nie.  Sit dit op MY lys.  
Laat EK die een wees om die probleem uit te sorteer.  EK kan jou nie help as jy dit nie vir MY gee nie.  Al is MY lys lank; EK is per slot van rekening....GOD!  EK kan alles doen wat in MY hande gelaat word.    Weet net,  die waarheid is,  EK sorteer van jou probleme uit sonder dat jy dit eers besef,  sonder dat jy eers vra.
3.  Vertrou MY:
Sodra jy jou laste vir MY oorhandig het, hou op daaroor kwel, en hou op om dit weer te probeer terugvat.  Vertrou MY.  Hê Geloof in MY dat EK na al jou benodighede, jou probleme en beproewinge sal omsien.   Probleme en beproewinge met die kinders?  Sit dit op MY lys.  Probleme met jou finansies?  Sit dit op MY Lys.  Probleme met jou emosionele welstand?  Sit dit op MY lys.  Probleme met jou lewensmaat?  Sit dit op MY lys.     Vir MY onthalwe, sit alles op MY lys want EK wil jou help.  Al wat jy moet doen is vra!
4.  Los dit Uit:
Moet nie een oggend wakker word en sê,  "Wel ek voel nou baie sterker en ek kan alles van nouaf weer alleen aanpak"  Hoekom dink jy,  voel jy nou weer sterk ?  Dit is eenvoudig.  Jy het al jou laste en bekommernisse vir MY gegee en ek hanteer alles.  EK het ook jou krag hernu en jou ontdek met MY vrede.  Weet jy nie as EK die laste weer vir jou moes teruggee, sal jy weer wees waar jy was nie?  Los dit met MY en vergeet daarvan.  Vertrou jy MY nie?
5.  Praat met MY:
EK wil hê jy moet baie dinge vergeet.  Vergeet wat jou kop laat raas...  Vergeet die bekommernisse want jy weet EK is in beheer.  Nieteenstaande, daar is een ding wat EK hoop jy nooit sal vergeet nie; dit is om met MY te praat asseblief - ELKE DAG!  EK is lief vir jou!  EK wil jou stem hoor!  EK wil hê jy moet MY insluit by alles in jou lewe.    EK wil hoor hoe jy van jou vriende en familie goed praat, van jou kinders, van jou lewensmaat.  Gebed is 'n manier om met MY te praat.  EK wil jou beste vriend wees asseblief!
  6.  Luister na MY :
Onthou MY liewe kind -  EK kan nie self fisies met jou praat nie maar luister na jou hart en EK maak meestal gebruik van MY kinders op aarde in die vorm van vriende of familie om die praat werk namens MY te doen.  EK het jou stem en pleidooie gehoor!  Nou wil EK hê jy moet vir MY luister deur MY kind op aarde.   As jy genooi word om oor jou laste en bekommernisse te praat, weet dit is EK wat jou nooi want EK wil vir jou antwoorde gee. 
EK hoop dat jy dit nooit sal vergeet nie,  EK is altyd daar vir jou al dink jy nie altyd so nie.  EK weet wat in jou hart aangaan en EK luister na jou gebed!  EK is lief vir jou!  GEBED is 'n manier om met MY te praat en EK praat met jou deur MY volgelinge op aarde.
7.  Vertrou :
EK sien baie dinge van hierbo wat jy nie kan sien van waar jy is nie. 
Vertrou in MY dat EK weet wat ek doen.  Vertrou MY; Jy sal nie die aangesig in die lewe deur MY oë wil sien nie.  EK sal aanhou vir jou omgee en oor jou waak, al jou benodighede laat geld.  Al wat jy moet doen is op MY vertrou.    Al het EK 'n baie groter taak as jy, dit wil voorkom asof jy sukkel om jou bietjie te doen.    Hoe swaar kan dit nou wees om op MY te vertrou?
8.  Wees Mede Deelsaam:
Jy was deur jou ouers,  wat ek vir jou gestuur het,   geleer om te deel toe jy maar slegs 2 jaar oud was.  Wanneer het jy vergeet?  Daardie reel is nog steeds van toepassing.  Deel met die wat minder bevoorreg is as jy.  Deel jou vreugde met die wat bemoediging nodig het. 
Deel jou glimlag en lag met die wat dit lank laas gesien of gehoor het.  Deel jou trane met die wat vergeet het hoe om te huil.  Deel jou geloof met die wat dit nie meer het nie. 
9.  Wees geduldig:
EK het daarin geslaag om alles heel te maak in slegs een leeftyd. 
Jy het soveel etlike ervarings gehad.  Jy het gegroei vanaf 'n kind na 'n volwasse, jy het dalk kinders gehad, miskien van werk verander, ambagte geleer, gereis, duisende mense ontmoet en soveel ervaar.  Hoe kan jy dan so ongeduldig wees as dit MY net 'n bietjie langer vat as wat jy verwag het,   om al jou laste en bekommernisse te hanteer wat op MY lys is.  Vertrou my TYD.  Net omdat EK die heelal in slegs ses dae geskep het,  dink jy EK moet altyd haastig wees.  Nee MY tyd is perfek, glo dit en wees geduldig.
10.  Wees Vriendelik :
Wees vriendelik en behulpsaam aan ander,  want EK is net so lief vir hulle as wat EK lief is vir jou. 
Hulle mag miskien nie mooi aantrek nie.  Hulle mag dalk nie soos jy praat nie.  Hulle mag dalk nie soos jy leef nie, maar EK is ewe lief vir almal.  Asseblief, vir MY onthalwe, probeer met al MY kinders oor die weg kom.   EK het ieder en elkeen verskillend geskep want dit sou darem baie vervelig gewees het as almal identies was.  Weet net asseblief, EK is lief vir elke verskillende eienskap van al MY kinders, want EK het hulle geskep.
11. Wees Lief vir Jouself :
Soveel soos wat EK lief is vir jou,  hoe kan jy jouself dan nie liefhê nie ?
EK het elkeen geskep vir een rede alleen  -  om liefde te vind en in ruil ook om liefde te gee.  EK is die GOD van LIEFDE.  Wees lief vir MY, wees lief vir jou naaste, maar te alle tye, wees lief vir jouself.  Dit maak MY baie hartseer as ek jou so kwaad sien as dinge nie volgens jou verwagtinge gaan nie.  Jy is baie kosbaar vir MY.  Moet dit asseblief NOOIT vergeet nie ...

Raak vandag iemand aan met jou LIEFDE ...







Comments

Popular Posts