Vandag se gebed


O Here U is so getrou. Van die dag van my geboorte kyk U na my.
Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar!

 Ek sien, Hoor, Kan dink en redeneer, gesels en lag.  En as daar 'n traan is, is U daar om te troos.


U is Groot en Magtig.
Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en 'n pragtige deel is vir my afgemeet.

Dankie Vader Elke dag is vol van U Genade; en  dit is alles onverdiend.

Bly by my o Heer - nou en altyd. Amen.
"Ken die Here in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat Wandel -..."
Spr. 3:6. 

Comments

Popular Posts