Posts

Showing posts from April, 2017

Rajesh

Rajesh By admin2017/04/13 
Gebede vir Iemand Wanneer presies hy begin bid het, kan Rajesh nie onthou nie.            Ook nie waarom nie – maar hy het geglo daar moet íéts meer wees.            Met sy ma se aanbidding van talle gode – “daar was ’n god vir alles, van musiek tot kos en drank” – kon hy hom nie vereenselwig nie.            Maar met die idee van geen god en geen lewe ná die dood, soos sy pa hom geleer het, ook nie.            “Ek het begin bid dat as daar een ware God is, Hy Hom aan my moes openbaar. ” In sy sewende skooljaar is Rajesh se gebed verwesenlik.            ’n Hindoe-onderwyser het ’n handboek oor verskillende gelowe in die klas behandel. “Dit het gegaan oor Christenskap.            Baie kortliks het dit vertel van Christus se maagdelike geboorte, dat hy gesterf het, maar weer opgestaan het. ” Dít het Rajesh geraak.            “Dit was die enigste geloof wat vertel het van ’n God wat mens geword het en van ’n God wat stééds leef.            ’n God van liefde en vergifnis.�…

Think about it

Image