Die vebode boom in die paradys

 Die 4 jarige Nico het by sy Ouma gaan kuier en Ouma het dit goedgedink om hom 'n bietjie meer te leer van groentes en spesifiek die wat sy ma nie eens voorberei nie.  

 

Die spesifieke dag is BROCCOLI aan die beurt en Ouma versin die oulikste stories oor die boompie wat hy gaan proe.



Hy begin ewe entoesiasties aan die eerste een proe, maar Ouma sien hy kou al stadiger met 'n veraf uitdrukking in sy oë. Ouma het net gou in die spens verdwyn en hoor hom roep: "Ouma, kom kyk gou hier!"



Hy wys toe na sy bord waarop hy die boompie in 'n hoop rys staangemaak het, mooi vasgedruk in die middel van die rys. "Kyk, Ouma, hierdie is die paradys en daardie is die boom waarvan God gesê het ons mag nie eet nie!"

 

http://www.eposvriende.com

Visit ePosVriende to join any/all of our groups.

Or simply send an e-mail to johanna4-541470@autocontactor.com  to receive the list in your inbox.

 

Comments

Popular Posts