Smullekker Pampoentert
SMULLEKKER PAMPOENTERT
Klits saam:
125 g margarien
200 ml suiker
3 eiers
Sif saam en voeg by eerste mengsel:
250 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
2 ml sout
Voeg by boonste mengsel:
3 koppies koue, gaar pampoen
1 t vanilla
Plaas in glasbak en bak vir 40 minute teen 190 grade C.
Sous:
1 koppie suiker
1 t vanilla
3 eetl margarien
1 blik Ideal melk
Kook die sous vir 5 minute en giet oor die warm tert sodra
dit uit die oond kom.
Wenk:
Gebruik 'n droƫ pampoen soos botterskorsie of hubbard.
As die pampoen baie waterig is, laat dit eers deur 'n sif
drup om die oortollige water te skei. Ek het dit ook met
soetpatat gemaak en uitstekende resultate behaal.
Dankie Ronel vir die resep
Sluit aan by Resepte Ruil: (Afrikaans & English) johanna4-384577@autocontactor.com
Join Recipe Exchange: (English only) johanna4-384579@autocontactor.com
Join or visit us at www.eposvriende.com or www.emailbuddys.com
Comments