Kerrie Boontjies
Kerrie boontjies
2kg vars groenboontjies
500g uie, geskil en in skywe gesny
500ml kokende soutwater
375ml asyn
15ml sout
375ml suiker
30ml kerriepoeier
30ml koekmeelblom
Kerf boontjies en kook saam met die uie tot sag in die kokende soutwater.
Dreineer.
Kook asyn, sout en suiker 'n paar minute.
Meng kerriepoeier en meel met 'n bietjie water, voeg by asyn mengsel en roer by matige hitte tot dik.
Giet oor gedreineerde boontjies en uie en meng goed.
Skep ingesteriliseerde inmaakflesse en verseël dadelik.
Sluit aan by Resepte Ruil: (Afrikaans & English) johanna4-384577@autocontactor.com
Join Recipe Exchange: (English only) johanna4-384579@autocontactor.com
Join or visit us at www.eposvriende.com or www.emailbuddys.com
Comments