Noedel hoender


NOEDELHOENDER
1 heel hoender
150g simba “fruit chutney” skyfies fyngedruk
2 blokkies hoender ekstrak
400ml witsous
250ml noedels
50ml gekapte pietersielie
200ml mayonnaise
200g kaas vir bo-oor rasper

Kook hoender saam met ekstrak tot gaar. Ontbeen en breek fyn. Kook intussen noedels tot gaar en dreineer goed. Meng mayonnaise met witsous en helfte van fyngedrukte skyfies. Plaas in oondpan en strooi ander helfte van die skyfie en kaas bo-oor. Versier met vars gekapte pietersielie. Bak in oons tot kaas gesmelt is. Kan warm of koud bedien word. Genoeg vir 4-6 porsies


Uit Anna Eksteen se nuusbrief.

Comments