Wednesday, February 20, 2013

Chakalaka Brood

Chakalaka Brood 2K koekmeel 3t Bakpoeier Sout 4 eiers 1 Blik (410g) Chakalaka – enige geur Cheddar of ander kaas opsioneel Meng koekmeel, Bakpoeier en sout in ‘n groot mengbak. Klits 4 eiers liggies met ‘n vurk en meng met droĆ« bestandele. Roer chakalaka by. Roer ongeveer 1 koppie kaas by indien verkies. Smeer of spuit ringpan of broodpan. Krap mengsel eweredig in pan. Strooi bietjie kaas bo-op indien verkies. Bak by 180grade C vir ongeveer 45min of tot gaar. Bedien warm met botter. Kan ook koud ge-eet word.

No comments: