SKILLIE SE BUNNY CHOW EN BOONTJIES.docx

SKILLIE SE BUNNY CHOW EN BONE  

 

 

NOU KYK HIERDIE IS ‘n MORSIGE ETE, JY HET BAIE SERVETTE OF DAAI “WET WIPES” NODIG.

KRY VIR JOU ‘n ONGESNYDE BAIE VARS WITBROOD.

BEGIN DEUR  DIE BROOD SOLANK IN DIE HELFTE TE SNY , HOL NOU DIE HELFTES BROOD UIT,

MOENIE DIE KORS BESKADIG NIE EN HOU DIE BROOD EENKANT 

 

BESTANDDELE;
250g GEMAALDE VLEIS
1 KOPPIE SPIKKEL SUIKERBONE

1 KOPPIE NIERTJIE BOONTJIES

½  TEELEPEL KNOFFELPOEIER

1 TEELEPEL GEMMERPOEIER

1 TEELEPEL GEMAALDE KOLJANDER

¼ TEELEPEL GEMAALDE NAELTJIES

2 X EETLEPELS KERRIEPOEIER (JOU KEUSE VAN STERKTE)

1 TEELEPEL BORRIE

½ TEELEPEL GEMAALDE RISSIE

2 AARTAPPELS IN KLEIN BLOKKIES GESNY

1 UI FYN GEKERF

1 WORTEL GROF GERASPER

3 BLOKKIES BIEF EKSTRAK OPGELOS IN 1 LITER WATER

KNYPIE DROë TIEMIE

3 X VARS SUURLEMOENBLARE (LOURIERBLARE OOK GOED)

1 EETLEPEL APPELKOOSKONFYT

1 EETLEPEL BLATJANG

KOOKOLIE VIR BRAAI

 

METODE;
1) WEEK DIE BOONTJIES OORNAG IN WATER

2) KOOK NOU DIE BOONTJIES IN DIE VLEISAFTREKSEL TOT SAG

3) WANNEER AMPER GAAR VOEG DIE WORTEL BY

4) BRAAI INTUSSEN DIE UIE TOT DEURSKYNEND

5) MENG INTUSSEN DIE KNOFFEL, GEMMER, BLATJANG, BORRIE , KERRIE, KOLJANDER, NAELTJIES, RISSIE, APPELKOOSKONFYT EN TIEMIE BYMEKAAR

6) ROER NOU DIE MENGSEL BY DIE GEBRAAIDE UIE

7) ROER NOU DIE GEMAALDEVLEIS BY

8) HOU AAN OM MENGSEL MET SPAAN TE LIG OM AANBRANDING TE VERHOED

9) VOEG NOU DIE RES VAN DIE BESTANDDELE BY EN ROER DEUR.

10) LAAT STADIG PRUT TOT GAAR

11) MAAK SEKER MENGSEL IS GOED BEDEK EN GEMENG MET DIE KERRIESOUS

12) LAAT DIE VLOEISTOF AMPER WEGKOOK EN VERDIK SOUS INDIEN NODIG

13) PROE OF GENOEG SOUT IN IS

14) SKEP NOU DIE VLEISMENGSEL IN DIE UITGEHOLDE BROOD

15) DRUK DIE UITGEHAALDE BROOD IN  ‘n BAL EN DRUK PLAT

16) PLAAS DIE BROODDEKSEL TERUG BO-OP DIE MENGSEL

17) VAL WEG EN BEGIN EET, STAAN WYD DIE SOUS GAAN OP JOU KLERE DRUP, SOOS GENOEM HIERDIE IS ‘n MORSIGE BESIGHEID MAAR ALTE LEKKER

 

Links  social media









Comments