Hoender Lewers resepte

Peri-Peri Hoender lewers

 

2 x 250 g Peri-peri hoeder lewers

2 Groot uie

4 Groot knoffelhuisies

4 Eetlepel Tamatiesous

2 Eetlepel Worchester sous

½ teelepel Paprika

Fondor, sout en swart peper

200 ml vars room

 

Braai fyngekapte uie en knoffel tot deurskynend, voet dan hoenderlewers wat redelik fyn gesny is daarby, en braai dan saam tot lewers ook bruin is.

Voeg dan al die ander bestandele daarby, behalwe die room.

Laat prut vir ± 10 minute op late hite

Voeg room by net voor opdiening.

 

 

Gewone Hoender lewers

 

2 x houers hoenderlewers

1 uie - gekap

3 Eetlepels tamatiesous

3 Eetlepels Worchester sous

Sout en peper na smaak

Braaivleis speserye na smaak (ongeveer 1 ½ teelepel)

 

Braai die uie sag in olyf olie of botter/margerien.

Voeg lewers by en braai effens. (op medium hitte)

As dit wil vasbrand, voeg water bietjie vir bietjie by.

Voeg die Braaivleis speserye, sout en peper by.

As dit goed ingemeng is, voeg die Worchester sous en Tamatiesous by.

Prut tot goed gaar.

Voeg water bietjie vir bietjie by sodat jy bietjie sous kry die lewers.

As dit gaar is, roer 2 of 3 Eetlepels Chutney by.

Bedien op rys met slaai.

 

Woolworths se vars Hoender lewers is heerlik. En ek maak die vars gaar sonder om te vries.

Ek gebruik Ina Paarman se speserye – anders enige goeie kwaliteit sperserye.

For Recipes in Afrikaans and English:  resepte-subscribe@yahoogroups.com

 

 

 

www.eposvriende.com  
www.emailbuddys.com

www.twitter.com/eposvriende

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende/

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende2      

http://groups.yahoo.com/group/resepte           

http://groups.yahoo.com/group/english_recipes   

http://groups.yahoo.com/group/news-funny-weird

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende-everything

http://www.2dvd.co.za

 

 

Comments

Popular Posts