Elke vrou het 'n kruie geur
ELKE VROU HET ‘N KRUIEGEUR
Die een vriendin laat jou dink aan Naeltjies – deurdringend
sterk – ‘n noodsaaklikheid vir sekere tye van jou lewe.
‘n Naeltjieboom groei glo net waar die see gesien kan word.
Dan is daar die Neut-vrou.
Sy verleen daardie effens prikkelende geur met haar
teenwoordigheid.
Jy sien haar nie dikwels nie, maar sy is altyd daar.
‘n Paprika-vriendin het ek beslis.
Altyd kleurvol, dra gedurig rooi, uitbundig en leef voluit, maar
altyd smaakvol.
In elke vriendekring is daar ‘n Swartpepervrou-ontonbeerlik,
maar jy moet haar reg hanteer anders kom haar skerpheid na vore.
Dit is dus verstandiger om haar in klein dosisse te kan
geniet.
En wie wil nou nie ‘n Kaneel vriendin hĂȘ nie?
Sy verleen ‘n heerlik soet, fyn geur aan jou vriendskaptuin.
Met haar snoesige roeskleur woltrui vul sy die vertrek met
warmte en met haar sonnige geaardheid verdryf sy die kwaaiste winteroggend.
Sy sal nie maklik oordadig wees nie.
‘n Roosmaryn vriendin kom nie ongemerk ‘n vertrek binne nie.
Sy maak dadelik indruk met die manier waarop sy loop, lag, praat
en aantrek.
As sy weg is, hang die geur van haar bekende parfuum nog ‘n tyd
in die lug.
Dit is nie verniet bekend dat roosmaryn die geheue versterk nie.
‘n Ander vriendin waarsonder ek nie wil wees nie, is die
Pietersielie vrou.
Sy is soos die bekende kruid, ‘n noodsaaklikheid in jou
vriendekring.
Sy verleen die nodige versiering aan elke gesprek.
Haar advies is altyd deurdink en getuig van goeie smaak.
‘n Tiemie vriendin is nie oordadig met haar kuiertjies nie.
Sy hou dit kort en haar gesprekke is prikkelend en aktueel.
Sy verleen net daardie tikkie goeie smaak met haar
teenwoordigheid.
(In Griekeland is dit ‘n kompliment as iemand vir jou sĂȘ jy ruik
na tiemie.)
Laastens kry jy natuurlik die gemengdespeserye vrou.
Sy is ‘n heerlike veelsydige mengsel van vrolikheid,
talentvolheid, bekwaarmheid en kunstigheid.
Nog ‘n moet in elke vriendekring.
Die besondere kruietuin van my, sal ek versorg en elke dag water
gee.
Uit die nuusbrief van Anna Eksteen
Teken gerus in op Anna Eksteen se dagstukkies.
R50-00 per maand.
Julle is welkom om ons te kontak vir info.
love-eposvriende-owner@yahoogroups.com
Teken gerus in op Anna Eksteen se dagstukkies.
R50-00 per maand.
Julle is welkom om ons te kontak vir info.
love-eposvriende-owner@yahoogroups.com
Love and Friendship e-mails
http://groups.yahoo.com/group/love-eposvriende
Subscribe: love-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Liefde en Vriendskaps e-posse
http://groups.yahoo.com/group/love-eposvriende
Subscribe: love-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Liefde en Vriendskaps e-posse
(As jy by
die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook die Engelse e-posse
ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)
http://groups.yahoo.com/group/Liefde-en-Vriendskap
Subscribe: Liefde-en-Vriendskap-subscribe@yahoogroups.com
http://groups.yahoo.com/group/Liefde-en-Vriendskap
Subscribe: Liefde-en-Vriendskap-subscribe@yahoogroups.com
Comments