Suiker Mielie Plaat Koekies


SUIKERMIELIE-PLAATKOEKIES

1 blik geroomde suikermielies                                 1 eier, geklits
125ml gerasperde parmesaan                                125ml fyn gekrummelde fetakaas
250ml koekmeelblom                                                knippie suiker          
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak       5ml bakpoeier

Meng alles saam en laat staan vir 10 minute. Braai lepelsvol van die mengsel in 'n pan met 'n bietjie warm botter of olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Dreineer op kombuispapier en sit dadelik voor. Lewer 15 plaatkoekies.



Bestel gerus haar resepte e-boeke.




Comments