KOOR..... LEES ASB VAN BEGIN TOT EINDE

Haar oë was groot en kinderlik-onskuldig met ñ sweempie van die ondraaglike pyn wat sy verduur toe sy vra:
 "Mamma, kan ek alt sing in Liewe Jesus se hemelkoor?
Juffrou Annalie sệ ek is n alt, want ek kom nie die hoë note by nie".
Ek het vinnig weggedraai om kwansuis nuwe water in die vaas van pienk rose te tap en my trane het in die wit
hospitaal wasbak gedrup toe ek sê:
"Ek is seker Liewe Jesus het vir jou ñ plekkie tussen die alte, Liefie".
Toe ek ñ rukkie later met droë oë omdraai, was sy vas aan die slaap, haar skraal handjie beskermend om haar bruin
teddiebeer.

Sy was ses jaar oud.
My enigste dogertjie wat deurtrek is van die kanker.
Die dokter het gesê dat ons, ons in die loop van die volgende week gereed moes hou vir die ergste.

Haar laaste wens was dat ons haar dierbaarste speelgoedjies in haar skooltassie moes pak en dat sy vir oulaas ñ dag
by haar kleutermaatjies wou gaan speel.
Juffrou Annalie het reeds op ñ mooi manier aan die kleutertjies vertel dat hulle nog een keer met
Jaminda kon speel en dat sy daarna weggaan om by Liewe Jesus in die hemel te gaan speel.
Jaminda self het ook geweet dat Liewe Jesus vir haar wag en ek het met ñ knop in my keel na my man gekyk as sy
opgewonde raak oor die vooruitsig.

My meisiekind se laaste skooldag het op ñ skamele sesjarige ouderdom aangebreek.
Sy het vroegoggend vir my beduie watter blomme in die tuin ek vir Juffrou Annalie moes pluk.
"Van daardie geeles, Mamma. Juffrou Annalie sệ altyd ek is ñ regte sonstraaltjie in haar lewe".
Die klein, bruin skooltassie was gelaai van die speelgoed.
Ek gun jou die lekkerste speeldag van jou lewe my kind,
het ek bewoë gedink toe ek haar uit die motor in die rolsstoel tel.
Die kleuterklassie het die ene oë, maar verskrik, agter Juffrou Annalie bly staan toe ons klas toe beweeg met Jaminda
in haar rolstoel.

Haar beste maatjie, Knoxie, het huiwerig vorentoe getreë en gevra.
"Mag ek Jaminda stoot asseblief Tannie?" en ek het, dankbaar, vir die gebaar, oorgegee aan my klein helpertjie.
Dit het die ysgebreek.
Binne oomblikke was die hele klas om die rolstoel geskaar.
Dirkman het verneem of die rolstoel se wiele "slime" in het, terwyl Emma en Fransien wou weet of die inspuitings seer was.

Ek en Juffrou Annelie het verwese eenkant trane afgevee en toe dapper begin deelneem aan die kleuters se
skynbaar gewone gesprek.

Na ñ uur se gesels kon ek sien dat die opwinding besig was om sy tol te eis, Jaminda se oë was baie blink in haar bleek gesiggie,
toe vra sy of sy iets kan sệ voor ons huis toe gaan.

Juffrou Annalie het al die kleuters voor haar op die mat laat sit en wat daarna gebeur het, het my van alle woorde gestroop.
Ek het al in my enigheid begin wonder waarom die bruin tassie saamgekom het.
Jaminda het die tassie oopgeknip en elkeen van haar vyftien kleutermaatjies by hul name vorentoe geroep.
Op vyftien van haar geliefkoosde speelgoed het sy elkeen se naam met papiertjies en kleeflint vasgeplak.

"Emma" sệ sy: - "jy moet my porselein-teestelletjie kry - dink aan my as jy en jou poppe tee drink".
“Dirkman, hier is my fietspomp - jou fiets se wiele is mos altyd pap".
"Fransien, hier is my hartjie hangertjie waarvan jy so baie hou.
As jy hom oopknip is daar ñ fototjie van my in".

So het die pynlike uitdelery aangehou en toe kom Knoxie, haar spesiale maatjie, aan die beurt.
Ek het my nek gerek, maar die bruin tassie het vir my leeg gelyk. - het Jaminda van Knoxie vergeet , het ek gedink?
Maar nee, Jaminda het haar mees geliefde speelding van haar skoot af opgetel, een laaste kyk in die bruin teddie se
kraalogies gegee en hom toe met n besliste trekkie om haar mond vir Knoxie aangegee en vir haar gesệ:
"Pas Teddie asseblief mooi op, want ek is baie lief vir hom,
Vat ook my bruin tassie - ek het klaar jou naam in die deksel geskryf”.

“Juffrou, ek moet nou huis toe gaan.
Kan ons vir oulaas Stille Nag sing? " bewerig het sy opgestaan en tussen die alte gaan staan en nog nooit het
stille nag so na-aan die van ñ egelekoor geklink nie.

In die motor op pad huis toe het sy teruggesit, vir my gekyk, geglimlag en ñ laaste tevrede sug gegee.
Ek het met trane in my oë dadelik besef:
"Jaminda het so pas aangemeld as alt by die hemelkoor ...."

En as jy nie ñ kind van jou eie het nie - gryp sommer iemand anders s'n in die verbygaan en gee hom of haar ñ stywe drukkie -
hoe sal jy ooit weet - miskien is dit ook vir oulaas. 💗
Ek tjank nou so. Ai man

Dankie Willie Klopper vir die deel op Facebook.

Comments

Popular Posts