Ek en Jy

Aan almal wat ek seergemaak het of pyn veroorsaak het, ek is jammer!

Aan almal wat ek kon laat glimlag, opbeur en hoop gee, ek is dankbaar daarvoor!

Aan almal vir wie ek beloftes gemaak het en dit nie nagekom het nie, vergewe my asseblief!

Aan almal wat beloftes aan mý gemaak het en dit nagelaat het, ek hou dit nie teen julle nie.

Aan almal wie se lewens ek aangeraak het op een of ander manier, behou asseblief kontak.

Aan almal wat lief was vir my en wie se liefde ek nie kon beantwoord nie, ek is jammer en dankie vir jul liefde.

Aan almal wat deel van my lewe wou wees en dit nie kon regkry nie, ek is jammer maar ek bied steeds 'n hand van vriendskap.

Aan almal wat 'n verskil in my lewe gemaak het, dankie, dankie, dankie!

Aan almal wat my bygestaan, opgehelp, vertroos en hoop gegee het, sonder julle sou ek nie kon uitreik na ander nie.
 
 Kom ons maak dit 'n jaar van vergifnis, uitreiking en omgee.  
·    Kom ons probeer om in ten minste één mens se lewe 'n positiewe verskil te maak hierdie jaar.......sommige van ons het alreeds.
·    Kom ons Los ons voetspore in iemand se hart en lewe hierdie jaar ....... dit maak 'n verskil.


Save on Insurance Click Here

Comments

Popular Posts