Wonderlike-dag!

 

 

 

  

 

 

Dikwels het jy so baie werk,

Jy word vanuit alle oorde bestook,

 

Dikwels is die pad so moeilik,

Dan lyk die heuwels onoorkombaar, ook.

 

Maar onthou dat die heuwels wat voor jou lê

Nooit so styl is as wat hulle lyk

 

Met geloof in jou hart moet jy begin,

En klim tot jy Jou droom bereik.

Want niks wat die moeite werd is

Is ooit te moeilik om te vermag

 

Solank jy die moed het om te poog

En die geloof om elke dag te glo

 

Geloof is immers 'n mag baie groter

As kennis, krag of bekwaamheid

En menige stryd word oorwin

 

As jy net vertrou op God se wysheid.

Want geloof kan enige berg versit

En daar is niks te moeilik vir Hom

 

Begin dus vandag met geloof in jou hart

En klim tot jou drome waar word.

 

Mag jy 'n Wonderlike dag hê.

 

 

 

 

Comments

Popular Posts