Hand van Vriendskap



Deur Elize B. 14/8/05

Saggies het jy gekom en ā€˜n hand uitgesteek
van vriendskap en omgee, ā€˜n glimlag so breed.

Soms luister jy net of gee my ā€˜n Woord
as my lewenslied klink na ā€˜n valse akkoord ā€¦

 Dan weer ā€˜n glimlag en ā€˜n stewige handdruk
as my ogies nat is en my skouers wil snik ā€¦

Jy sien ook my twyfel en weemoed soms raak,
vertel my van jou prag-kruik met sy eie seer-kraak..

Saggies-versigtig probeer jy my sĆŖ
mens kry nie altyd wat jy graag sou wou hĆŖ!

My lewe is hartseer en ek voel soms gedaan
maar as ek kyk na jĆ³Ćŗ vrede, dan stop dit mĆ½ traan.

Dankie dat jy ligvoet op my lewens skerwe trap,
jou nie daardeur laat afsit maar saam met my wil stap.

Jou vriendskap is ā€˜n seĆ«ning, opligtend, vol goud,
jy deel jou Jesus-liefde, jyā€™s die aarde se sout.

Mag mĆ½ vriendskap dan ook vir jou
opregtheid, kameradie en die Jesus-lig inhou ā€¦

Geneem uit Zalome se nuusbrief.
Hier is die inligting vir haar nuusbrief:

TEKEN IN:
AFRIKAANS MET MUSIEK
ZALOME-AFRIKAANS_muso-subscribe@yahoogroups.com 
Onthou werk rekenaars is nie altyd musiek vriendelik nie

Comments

Popular Posts