IN DIE HERFS VAN JOU LEWE

IN DIE HERFS VAN JOU LEWE
 
Geroeste boomblare skei traag van die moederplant
Net soos jou lewelose liggaam wat val uit my hand
Eens glorieryke takke word kaalgestroop
Jou afgetakelde, stukkende liggaam, sonder hoop
 
Jou herfs het te vinnig gekom
Ek wou nog langs jou in die sonstrale blom
toe het die strale reeds verdof
en die eerste blare op die grond geplof
 
'n somer sterf saggies hier in my agterplaas
net soos toe jy jou laaste asem uitblaas
totdat alles dood is
en in my geen woord is
 
Oral het jou hande besig gebly
Nou is dit grafstil en alles verby
Tot die voƫls bly my vermy
en die loerie koggel my
 
Die bome is in rou, alles net oor jou
Die koue is eensaam en klou aan my hart
My tuin is verwaaid, verstrooid en vol smart
Alles is te stil                                                         
 
Later word die blare kompos vir die aarde.
Kry ons lewe nuwe waarde.
Jou Hemelse Vader het jou kom haal
Hy het klaar die prys vir jou betaal


Ontvang van een van ons lede.
Baie dankie Anton

 

www.eposvriende.com

www.emailbuddys.com

 

PPS & Video clips: Visit http://groups.yahoo.com/group/eposvriende2

or send a message to eposvriende2-subscribe@yahoogroups.com

Remember to confirm your subscription.

 

Sluit aan by Resepte Ruil: (Afrikaans & English) johanna4-384577@autocontactor.com

Join Recipe Exchange: (English only) johanna4-384579@autocontactor.com

 

 


 

Comments

Popular Posts