Kook Melk Koekies
KOOKMELK KOEKIES
6 x 250 ml ongesif afgemeet koekmeelblom 1 ml sout
500g margarien 500 ml suiker
125 ml melk 10 ml koeksoda
Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in 'n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in 'n houer met 'n deksel. Maak toe en verkoel oornag. Maak koekies en plaas 'n entjie uitmekaar op 'n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met 'n vurk platter. Bak in 'n voorverhitte oond by 200ÂșC vir 10 - 12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op 'n draadrak om heeltemal koud te word. Hierdie deeg kan ook deur 'n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms. Lewer sowat 12 dosyn koekies
Reply op die e-pos en laat weet ons as jy die resep ( en ander) as 'n Word dokument wil ontvang.
Sluit aan by Resepte Ruil: (Afrikaans & English) johanna4-384577@autocontactor.com
Join Recipe Exchange: (English only) johanna4-384579@autocontactor.com
PPS & Video clips: Visit http://groups.yahoo.com/group/eposvriende2
or send a message to eposvriende2-subscribe@yahoogroups.com
Remember to confirm your subscription.
ePosVriende
1903 60th PL
Suite M4159
Bradenton, FL
34203
US
Comments