Friday, June 19, 2009

Soet Patats

Indien jy die resep as 'n Word Dokument wil hê, "reply" op die e-pos en laat ons weet.

Of kontak ons by http://contact.eposvriende.com

SOET PATATS

 1 kg patats                                         125 ml heuning

60g botter                                          Knippie sout

80 ml water

 
Voorverhit die oond tot 200ºC. 

Smeer 'n oondpan met 'n lagie botter. 

Kook patats in skilletjies in soutwater tot net sag. 

Skil af sodra effens afgekoel [of los aan, indien verkies] en sny in skywe. 

Verhit heuning, botter, sout en water saam oor matige hitte. 

Plaas patatskywe in lae in bereide oondbak met 'n lagie heuningsous tussen elke lagie. 

Skep orige sous bo-oor. 

Bak in oond vir sowat 30 minute tot sous deur patats getrek het en glansend lyk. 

Lewer 6 - 8 porsies.
 

Sluit aan by Resepte Ruil: (Afrikaans & English) johanna4-384577@autocontactor.com

Join Recipe Exchange: (English only) johanna4-384579@autocontactor.com

 

www.eposvriende.com

www.emailbuddys.com

 

PPS & Video clips: Visit http://groups.yahoo.com/group/eposvriende2

or send a message to eposvriende2-subscribe@yahoogroups.com

Remember to confirm your subscription.

 


ePosVriende

1903 60th PL
Suite M4159
Bradenton, FL
34203
US

No comments: