Resepte


Wortelvorm

1 blik fyngemaakte pynappel
1 pakkie suurlemoenjellie
100g (125 ml) witsuiker
1 ml sout
200g (500 ml) fyn gerasperde geskilde geelwortels
125 ml room

1.  Dreineer pynappel + vul sap aan tot 250 ml.  Verhit tot kookpunt + los jellie daarin op. Laat afkoel tot dik maar nie styf gestol nie.

2.  Klits dik jellie tot romerrig.  Klits suiker + sout bietjiesgewys in.

3.  Meng pynappel + wortels + vou liggies by jellie in.

4.  Klits room styf + vou ook in.

5.  Gooi in middelslag-slaaivorm.

              (6 - 8porsies)
                    Uit:  Wenresepte 3,  p. 61

N.S.   Soms vervang ek die room met joghurt + idealmelk.  - Erika


Die maklikste slaairesep wat ek nog teegekom het,  is die volgende  -  ek stuur hom ook sommer saam!

Rysnoedelslaai

1 pak rysnoedels (gekook)
1 blik fyn pynappel met stroop
1 blik kondensmelk
1 koppie mayonaise

Meng.

      Ansunette,  Unisa-toesighouers
                        30 Okt. 2003

Hoe langer dit staan,  hoe lekkerder is dit!      (Niek eet dit wat oorbly, sommer so uit die yskas,  - kry nooit kans om te vermors nie! )


Ek het gedog die sous sal lekker wees vir piesangslaai.  -  kry toe die'  resep in Daglag, nuusbrief op d internet:


Laurinda se lekker Piesangslaai

6 - 8 redelike groot piesangs
1 blik kondensmelk
1 blik pitmielies, gedreineer
1 blik fyn pynappel
1 k mayonaise

Sny die piesangs in die mengsel van bg. + laat rukkie in die yskas (+/- 'n uur voor opdiening)
Jy moet maar liefs nie probeer wanneer op dieet nie!!!! Jy sal nie kan ophou nie.

Dankie Erika vir hierdie resepte.

 

Recipes - with the word.doc
http://groups.yahoo.com/group/english_recipes
Subscribe: english_recipes-subscribe@yahoogroups.com
Resepte in Afrikaans - met die Word.doc

(As jy by die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook die Engelse e-posse ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)

http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com

 

Comments

Popular Posts