Aartappel Kaas Koekies

Aartappel kaas koekies

3 aartappels, geskil

1 ui
1 eier, geklits

30ml koekmeelblom
sout en peper na smaak

5ml bakpoeier
125ml gerasperde Cheddarkaas 

10ml gekapte pietersielie
olie om in te braai

Rasper die aartappel en ui saam.

Roer die eier, koekmeelblom, sout, peper en bakpoeier by.

Roer die kaas en pietersielie by.

Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei kante.

Dreineer dit op kombuispapier.

Bedien dit dadelik.

Forexformance

www.eposvriende.com
www.emailbuddys.com

 
Sluit aan by Resepte Ruil: (Afrikaans & English) johanna4-384577@autocontactor.com

Join Recipe Exchange: (English only) johanna4-384579@autocontactor.com

 

Comments

Popular Posts