MAAK MY 'N HOUSPYP




Here maak my 'n houspyp (tuinslang)

Here, maak my vandag (soos ons kleintyd gesê het) 'n 'houspyp'. Sommer net 'n ordinêre 'houspyp', Here, wat gereed lê in U tuin ...
Weerhou my daarvan om ambisieus te strewe na die aansien van 'n kristalkraffie - wat mooi, maar snobisties-suinig bietjies water in delikate klein glasies skink, maar nooit 'n groot dors les nie.
Weerhou my van die versamelwaarde van 'n kunstige erdekruik - wat, al hou hy die water heerlik koel, 'n bodem het. Leeg raak. Gewoonlik te gou ... Want selfs die waardevolste kruik wat leeg is, bied geen verweer teen die venyn van 'n droë wind nie!
Nee, Here, maak my sommer net 'n 'houspyp' - wat tevrede is om dag na droë dag net 'n kanaal te wees vir U strome van lewende water. (Wat, vreemd genoeg, méér blink uit 'n 'houspyp' as in kristal.)
En, Here God, maak my oë oop vir verwelkte mense wat verskroei in die wind!

Amen


Comments

Popular Posts